Rotterdam

Rotterdam
Munisipaliteit
Uitsig op die Erasmusbrug
Uitsig op die Erasmusbrug
Vlag van Rotterdam
Vlag
Wapen van Rotterdam
Wapen
Ligging van Rotterdam in Zuid-Holland-provinsie
Ligging van Rotterdam in Zuid-Holland-provinsie
Kaart van Rotterdam-munisipaliteit
Kaart van Rotterdam-munisipaliteit
Koördinate: 51°55′N 4°30′O / 51.917°N 4.500°O / 51.917; 4.500Koördinate: 51°55′N 4°30′O / 51.917°N 4.500°O / 51.917; 4.500
LandVlag van Nederland Nederland
Provinsie Zuid-Holland
Stigting13de eeu
Regering
 • BurgemeesterAhmed Aboutaleb (PvdA)
Oppervlak
 • Totaal324,14 km2 (125,15 vk. myl)
 • Land217,55 km2 (84,00 vk. myl)
 • Water106,59 km2 (41,15 vk. myl)
Hoogte
−3 m (−10 ft)
Bevolking
 • Totaal655 473
 • Digtheid3 013/km2 (7 800/vk. myl)
 1 Januarie 2022
TydsoneUTC+1 (IST)
 • SomertydUTC+2 (IDT)
Poskode
3011–3199
Skakelkodes010
Bestuurlike sentrumRotterdam
Webwerfwww.rotterdam.nl

Rotterdam is 'n groot Nederlandse hawestad en die tweede grootste stad van Nederland. Rotterdam maak deel uit van die Randstadgebied en is in Zuid-Holland aan die Nieuwe Maas geleë, wat 'n tak van die Maas in die Ryn-Maas-delta is. Die Maasstad het ontstaan op dié rivier se noordelike oewer, maar het sedert ongeveer 1900 ook uitgebrei op die suidelike oewer, wat op die eiland IJsselmonde geleë is.

Die hawe van Rotterdam is een van die grootste en belangrikste hawens ter wêreld, en die grootste in Europa.

Met ongeveer 664 000 inwoners (2023) is Rotterdam die tweede grootste stad (naas Amsterdam) in Nederland.[1]

Rotterdam het sy naam te danke aan 'n dam in die Rotterivier. Die stad is geleë aan die Nieuwe Maas, een van die riviere in die delta wat deur die Ryn en die Maas gevorm word. Die hawe van Rotterdam was lank die grootste ter wêreld en is steeds die grootste en belangrikste in Europa. Die hawegebied strek oor 'n lengte van 40 kilometer en is 'n belangrike logistieke en ekonomiese sentrum. Deels vanweë die hawebedryf het Rotterdam die beeld van 'n werkersklasstad en die stad het 'n diverse bevolking.

Nadat die historiese middestad op 14 Mei 1940 grootliks deur 'n Duitse oorlogsbomaanval vernietig is, het Rotterdam 'n bakermat geword vir innoverende argitektuur, insluitend die Erasmusbrug, die kubushuise en 'n groot aantal wolkekrabbers. Die stad is ook bekend vir die Erasmus Universiteit, die kunsversamelings van Museum Boijmans Van Beuningen en die Sparta, Excelsior en Feyenoord sokkerklubs.

  1. "cos.rotterdam.nl: COS Bevolkingsmonitor" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 24 Julie 2011. Besoek op 12 Februarie 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search